Treilvissery

Treilvissery

Treilvissery, of sleepnetvissery is 'n metode van visvang waar 'n visnet deur die water agter een of meer bote gesleep word.Die net wat vir treilvissery gebruik word, word 'n treil of sleepnet genoem. Hierdie beginsel vereis netsakke wat deur water gesleep word om verskillende spesies visse of soms geteikende spesies te vang.

Die bote wat vir treilvissery gebruik word, word treilers of sleepers genoem. Treilers verskil in grootte van klein oop bote met so min as 30 hp (22 kW) enjins tot groot fabriektreilers met meer as 10,000 hp (7.5 MW). Treilvissery kan uitgevoer word deur een treiler of deur twee treilers wat saam visvang.

Treilvissery word ook algemeen gebruik as 'n wetenskaplike monsterneming, of opname, metode.[1]

  1. "Not found". Mass.gov. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy